Dié fraai engele gaan jonk en oud bekoor

Dié fraai engele gaan jonk en oud bekoor

Laai PDF hier af

Gelapte engele

Wanneer die Kerstyd verby is, kan dit in ‘n kinderkamer opgehang word as ‘n dekorbykomstigheid.

Dis goedkoop om te maak, aangesien oorskietstukkies kant, katoenmateriaal, tou en breidrade gebruik word. Trek die patroon af en knip dit volgens die verlangde grootte uit. Werk die kop- en lyfdele aan mekaar vas, maar laat die onderrand oop. Stop dit op en werk die opening toe. Sit bene van tou aan. Verf die gesig met materiaalverf en sit breidraad of tou op die kop vas vir hare. Jy kan so kreatief wees soos jy wil en vir elke engel ‘n ander styl skep met verskillende breidrade of tou. Buig draad in die vorm van vlerke en versier dit met krale. Sit die vlerke aan die agterkant van die lyf vas.

email

Teken in

Teken in op ons maandelikse nuusbrief en bly op hoogte

, , , , ,

Nog geen kommentaar.

Laat 'n antwoord