Origami gelukbringer-oorbelle


Vou origami-sterretjies (hulle bring glo geluk) en gebruik dit om oorbelle te maak, óf sit ‘n klomp in ‘n glasfles en gee dit vir iemand present.

Jy benodig



  • mooi papier

  • metaalliniaal

  • handwerkmessie en snymat

  • gewone speld

  • 4 juwelierspelde

  • glaskraletjies

  • juwelierstangetjie

  • oorbelhakies


Let wel: Die voorkant van die papier word in die diagramme met blou aangedui en die agterkant met oranje.

Simbole



Origami gelukbringer-oorbelle Simbole


So maak jy


Vouwerk


1 Sny twee 1 cm-breë strokies uit mooi papier, elk minstens 10 cm lank. Gebruik ‘n metaalliniaal, handwerkmessie en snymat om die strokies die presiese breedte te sny.

Origami gelukbringer-oorbelle 22 Vou een strokie in ‘n los knoop.


Origami gelukbringer-oorbelle 33 Trek die punte styf en druk die knoop netjies plat.


4 Druk die kortste punt netjies in die naaste gleuf in die knoop in.

Origami gelukbringer-oorbelle 55 Vou die lang punt netjies bo-oor die knoop en druk dit in die naaste gleuf in. Nou het jy ‘n plat sterretjie.


Origami gelukbringer-oorbelle 66 Begin by een punt en druk dit met jou duim en voorvinger tot dit uitpof. Herhaal met die ander punte om ‘n driedimensionele sterretjie te kry.


Origami gelukbringer-oorbelle 77 Vou die ander strokie op dieselfde manier in ‘n sterretjie.


Oorbelle


8 Druk ‘n speld deur een van die ster se punte, regdeur tot aan die ander kant, om twee gaatjies in die ster te maak.

9 Steek ‘n juwelierspeld deur die tweede gaatjie tot in die eerste gaatjie en ryg ‘n kraletjie daarop in. Gebruik die tangetjie en buig die speld se punt in ‘n lussie en haak dit aan ‘n oorbelhakie voordat jy dit toebuig.

10 Ryg ‘n paar kraletjies op nog ‘n juwelierspeld in en buig die punt in ‘n lussie. Haak dit aan die eerste speld se ogie en buig dit toe.

11 Herhaal stappe 1 tot 3 om die ander oorbel te maak.

Blink idee


As jy nie spesiale origamipapier kan kry nie, kan jy plakboekpapier gebruik. Sny dit in ‘n perfekte vierkant voordat jy begin vou.

Nuttige wenke



  • Jou hande moet altyd silwerskoon wees voor jy begin met die vouwerk.

  • Vou die lyne so skerp en netjies as wat jy kan.

  • Hou die diagramme byderhand en kyk na die volgende stap terwyl jy vou sodat jy kan sien hoe die voltooide vou moet lyk.

  • Sommige vorms is baie ingewikkeld om te vou en jy sal dit dalk nie die eerste keer regkry nie. Moenie moed verloor nie. Vat ‘n blaaskans en probeer weer.