Paaseier-geskenkie


Gee vir elke gas ‘n karton-eierhouer vol versierde Paaseiers om huis toe te neem.

Jy benodig
• karton-eierhouers
• versuikerde sjokolade-eiers
• prent wat by die tema pas
• verskillende kleure koskleursel
• wit handwerkverf
• verfkwas
• dun lint
• gewone wit papier
• spuitgom
• handwerkmessie, snymat en metaalliniaal

So maak jy
1
Verf die eierhouers met ‘n paar lae wit handwerkverf en laat dit droog word.

2 Sny die prent om in die binnekant van die deksel te pas en plak dit vas met spuitgom.

3 Verf van die eiers met koskleursel – werk so egalig as moontlik – en laat dit droog word. Spat ‘n teenstellende kleur koskleursel op van die eiers om gespikkelde eiers te kry. Knoop strikke om een of twee en pak almal in die houer.

4 Tik of skryf Paasboodskappe op gewone wit papier. Sny dit met jou handwerkmessie, snymat en metaalliniaal in stroke uit en draai een om elke houer.

Verwante artikels
Maak jou eie Paaseiers
Maak ‘n Paaskrans