Goue fluweelkoek

Genoeg vir: 12
Bereidingstyd:
40 minute
Baktyd:
35 minute
Oondtemperatuur:
180 °C

• 220 ml (200 g) sagte botter
• 440 ml (375 g) suiker
• 2 ekstra groot eiers
• 5 ml vanieljegeursel
• 15 ml gerasperde lemoen- of suurlemoenskil
• 10 ml geel koskleursel
• 250 ml karringmelk
• 515 ml (280 g) koekmeel, gesif
• 5 ml koeksoda
• 5 ml wit asyn
Roomkaas-versiersel

• 250 g roomkaas
• 270 ml (250 g) sagte botter
• 540 ml (280 g) versiersuiker, gesif
• 5 ml vanieljegeursel
• vars rose vir versiering

1 Klop die botter tot romerig. Voeg die suiker by en klop goed. Voeg die eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging.

2 Klop die vanielje, skil en kleursel by. Roer om die beurt die karringmelk, meel en ’n knippie sout by. Meng die koeksoda met die asyn en vou dit by die mengsel in.

3 Gooi in twee gesmeerde en gevoerde 22 cm-panne en bak in die verhitte oond vir 35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat heeltemal afkoel.

4 Versiersel Klop die roomkaas en botter saam. Voeg die versiersuiker en vanielje by en klop tot glad. Sit vir 15 tot 20 minute in die yskas.

5 Sny elke laag middeldeur. Smeer die versiersel tussen elke laag en oor die bokant en sye van die koek. Versier met vars rose.

JR50anniversary-4