Klein koekies



Maak: omtrent 20 koekies
Bereidingstyd:
10 minute, plus yskastyd
Baktyd:
10 minute
Oondtemperatuur:
170 °C

• 410 ml (375 g) sagte botter
• 290 ml (150 g) versiersuiker
• 735 ml (400 g) koekmeel
• 190 ml (110 g) mielieblom

1 Room die botter en suiker saam tot lig. Voeg die twee mele by en meng goed. Bêre vir 30 minute tot ’n uur in die yskas. Rol die deeg tussen twee velle kleefplastiek uit. Haal die boonste vel af en sny die deeg met ’n skerp mes in reghoeke. Pak die reghoeke versigtig op ’n gesmeerde en gevoerde bakplaat. Bak in die verhitte oond vir 10 minute of tot net goud- bruin. Haal uit die oond uit en laat op die bakplaat afkoel.
2 Versiersel Maak ’n hoeveelheid harde versiersel volgens die resep hieronder aan. Kleur dit met pienk koskleursel.

Harde versiersel
• 3 groot eierwitte
• 20 ml suurlemoensap
• 1 535-1 635 ml (800-950 g) versiersuiker, gesif
• 10 ml gliserien
• koskleursel, as jy dit gebruik

1 Roer die eierwitte, suurlemoensap en 450 g versiersuiker saam in ’n groot bak. Roer die orige 350-500 g versiersuiker bietjies-bietjies op ’n slag by en roer tot glad en blink. Roer die gliserien en koskleursel, as jy dit gebruik, by. Draai toe in kleefplastiek en hou in die yskas tot jy dit gaan gebruik.

Kaneelsuiker-koekies
0811EOstencilfood- 18


Maak klein koekies volgens die resep klein koekie-resep. Sny sirkels uit die deeg en pak dit op gevoerde bakplate. Meng 60 ml suiker en 30 ml fyn kaneel saam. Sit jou stensil op die eerste koekie en skep kaneelsuiker daaroor. Lig die stensil versigtig op. Herhaal met die res van die koekies. Bak teen 170 °C vir 10 minute of tot goudbruin.

Gestensilde cappuccino
0811EOstencilfood- 22


Maak ’n koppie koffie of espresso. Verhit vetvrye melk tot net voor kookpunt en gebruik dan ’n skuimmaker om die melk dik en skuimerig te maak. (Vetvrye melk gee ’n dikker skuim as volroom- of laevetmelk.) As jy nie ’n skuimmaker het nie, kan jy ’n ballonklitser gebruik of die melk in ’n fles gooi, die deksel styf toedraai en die houer skud tot die melk skuimerig is. Skep die skuim bo-op die koffie. Hou die stensil bokant die koppie. Gooi kakao- of warmsjokoladepoeier in ’n teesiffie en sif dit oor die stensil. Lig die stensil versigtig op en sit die koffie dadelik voor.

Botterversiersel
• 245 ml (225 g) botter of volvet-margarien
• 885 ml (460 g) versiersuiker, gesif
• 50-60 ml melk
• 10 ml gerasperde suurlemoenskil (vir ’n suurlemoengeur)

1 Klits die botter tot sag. Roer die gesifte versiersuiker en melk bietjies-bietjies op ’n slag by tot die mengsel glad en smeerbaar is.

Verwante artikels
Basiese vanielje-koekbeslag

Troukoek met ‘n wit blom bo-op

Bloeiselkoek

Gestreepte rooskoek

Dekadente sjokoladekoek

Mini-koeke met pienk harte

Vanielje-kolwyntjies

Suurlemoenkoek met stensilversiering