Korslose kaas-quiche

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd:
10 minute
Baktyd:
30 minute
Oondtemperatuur:
180 °C

• 60 ml botter
• 60 ml meel
• 150 ml melk
• 5 groot eiers, liggies geklits
• 1 x 250 g-bakkie gladde maaskaas
• 2,5 ml Dijon-mosterd
• 2,5 ml bakpoeier
• 100 g gruyère of beleë cheddar, gerasper
• 5 sprietuie, in fyn ringetjies gesny
• 30 ml gerasperde parmesaan en roket, om voor te sit

1 Smelt die botter in ’n kastrol. Gooi die meel by en roer. Haal dit van die plaat af en roer die melk bietjies-bietjies by om ’n baie dik witsous te vorm. Sit terug op die plaat en laat vir vyf minute kook – roer die heeltyd. Haal van die plaat af en roer nog vyf minute tot afgekoel.

2 Meng die eiers, maaskaas, mosterd en bakpoeier in ’n bak en geur dit na smaak.

3 Meng die eiermengsel met die witsous en roer die gruyère of cheddar en sprietui by. Skep in ’n gesmeerde oondbak en bak vir 30 minute in die oond, tot goudbruin en gaar in die middel. Sprinkel die parme- saan oor die warm quiche en laat dit vir 10 minute rus. Sny en sit met roket voor.

Verwante artikels
Mexikaanse bief-en-rys-wraps
Suurlemoen-krummelhoender-schnitzel
Souserige paste met lente-groente
Thaise vis met koolslaai

Quiche