Skemerkelkies

Mal vir mango (nie-alkoholies)
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 5 minute

• 1 liter lemoensap
• 1 heel mango, geskil en gekap
1⁄2 piesang
• 50 ml grenadien

Pols die lemoensap, die helfte van die mango en die piesang met ’n handmenger saam. Gooi dit ’n groot beker of ponsbak. Gooi die grenadien versigtig teen die kant van die beker of bak af sodat dit op die bodem gaan lê. Sit die orige mango en ’n paar blokkies ys by.

Bevrore waatlemoen-martini
Genoeg vir: 1
Bereidingstyd: 5 minute, plus vriestyd

• 100 ml gekapte waatlemoen, pitte uitgehaal
• ’n skeut vars suurlemoensap
• 100 ml fyn ys
• 50 ml vodka

Pols die waatlemoenstukke in ’n versapper en gooi dit deur ’n sif. Meng die waatlemoensap, suurlemoensap en fyn ys saam en hou dit in die vrieskas tot jy gereed is. Voeg die vodka by en pols tot die ys heeltemal fyn is. Skep in ’n martini-glas en versier met ’n jellie-ster, as jy wil.

Aarbei-vonkel
Genoeg vir: 1
Bereidingstyd: 3 minute

• 30 ml aarbei-likeur
• 30 ml wit rum
• 30 ml gesnyde of gekapte aarbeie
• ’n lemoen- of suurlemoenskyfie
• suurlemoen- of aarbeigeur vonkelwater

Gooi die likeur en rum in ’n lang glas en voeg die aarbeie en lemoen- of suurlemoenskyfie by. Vul die glas op met yskoue vonkelwater.

cocktails