Ons gee goeie raad April 2012

Wil jy weet hoe om jou herfs-klerekas te rek of watter naaldwerkskêr om te kies? Ons het die antwoorde.

Hoe kan ek my somerrokke op koeler dae dra?
0412EOqandafashion-017


Daar is ’n hele paar maniere om dit te doen en dis slim, want dit maak jou klerekas soveel groter in die tussenin maande:
• Dra ’n effekleur knooptrui of netjiese snyersbaadjie oor die rok.
• Gooi ’n mooi sjaal oor jou skouers. Dra ’n effekleur sjaal by ’n bont rok, of ’n bont sjaal by ’n effekleur rok.
• Ondeursigtige gekleurde kouse is in die mode en maak jou somerrok dadelik warmer. Dra dit met hoëhakskoene of stewels.
• Dra ander items in lae oor of onder jou rok.
WENK
Dra donker kleure oor plekke wat jy wil wegsteek. As jy voel jy het groot dye, dra donkerkleurige langbroeke. As jy groot borste wil wegsteek, hou by donker tops.

Ek is mal oor rose, maar hulle verlep so gou. Hoe kan ek hulle langer laat hou?
0412EOqanda- 37


Trek al die blare af, behalwe die laaste paar naaste aan die blomkop. Knip die steel se punt af en laat die onderste 5 cm vir 20 sekondes in kookwater staan. Sit die rose in koue, diep water en knip die punt dan 12 uur later weer so af. Sit dit weer in skoon water. Laat rose altyd op ’n koel plek staan en gebruik blomkos. Jy kan jou eie maak deur 250 ml elk limonade (nie dieet-limonade nie) en water met ’n halwe teelepel bleikmiddel te meng.

Hoe keer ’n mens dat verfblikke se deksels vassit?
Moenie jou kwas teen die blik se rand skoonmaak nie. Buig ’n stuk dik draad oor die blik en maak dit aan die handvatsel vas of draai dit aan die onderkant van die blik vas om dit in plek te hou. Nou kan jy jou kwas teen die draad skoonmaak pleks van teen die blik.
0412EOqanda- 4


WENK Hou bye en vlieë uit jou gaste se glase deur kolwyntjiepapiertjies bo-op te sit.
0412EOqanda- 30

SLIM IDEE Stop gebreide of gestikte sagte speelgoed altyd styf op voor jy die naat toewerk, aangesien die stopsel mettertyd minder ferm sal raak. Maak ook seker die stopsel is in al die klein hoekies en punte ingedruk; ’n breipen is ideaal hiervoor.
0412EOqanda- 19

My oë hang van nature effens by die hoeke, en dit laat my altyd moeg of hartseer lyk. Kan ek hulle met grimering ‘lig’?
Begin met verbloemer en poeier onder jou oë om hulle helderder en oper te laat lyk. Dan moet jy die boonste ooglede met oogskadu omlyn – skakeer dit uit na die ooghoeke en effens boontoe. Gebruik ’n ligte tot medium oogskadu op die ooglede en skakeer dit ook uit na die hoeke en effens boontoe om jou oë te definieer en te lig.

Ek het pas begin naaldwerk doen en wil skêre koop. Wat stel julle voor?
0412EOqanda- 16


Dit is goed om ’n verskeidenheid skêre in jou naaldwerkkissie te hê. Meerdoelige skêre word ontwerp om die meeste soorte stowwe te knip – soos papier, karton en dun plastiek afgesien van materiaal – en is ideaal om motiewe en patrone uit te knip. Kleremakerskêre het groot lemme en is ideaal om groot stukke materiaal te knip. Borduurskêrtjies het baie klein lemme met skerp punte en word nie net vir borduurwerk gebruik nie, maar ook om gare te knip as jy naaldwerk doen en om klein, ingewikkelde vormpies uit te knip. Kry laastens ’n uittand-skêr, want dis ideaal vir afwerking sonder some en kan gebruik word om ’n dekoratiewe rand te maak. Probeer altyd die regte skêr vir die spesifieke doel gebruik en nie vir iets anders nie, anders sal die lemme stomp raak en gou beskadig.

SLIM IDEE Slyp jou kombuisskêr deur staalwol daarmee te knip.
0412EOqanda- 25


Hoe maal ek neute fyn sonder dat dit ’n pasta vorm?
Die maalproses stel die olie in die neute vry en dit veroorsaak dat dit ’n pasta of neutbotter vorm. Om te keer dat dit gebeur, moet jy nie die neute te veel maal nie en as die mengsel te pastarig word, kan jy ’n teelepel koekmeel byvoeg om van die olie te absorbeer en die neute weer los te maak van mekaar.
0412EOqanda- 22

Hoe draai ek ‘n skroef uit as die skroefprop uitgewerk het?
Sit ’n rubberrekkie tussen die punt van die skroewedraaier en die skroef se kop. Dit sal jou ’n beter greep gee om die skroef uit te draai.
0412EOqanda- 14

email

Teken in

Teken in op ons maandelikse nuusbrief en bly op hoogte

, , , , , , , , , , ,

Nog geen kommentaar.

Laat 'n antwoord